
Slypsteen Safari’s is geleë in die Bo-Karoo, tussen
Hopetown en Douglas, slegs 1 ½ uur se ry vanaf
Kimberley.
Die plaas bestaan uit 4000ha, wat
karoo-, sand- en swarthaakveld
insluit. Dit strek 8km langs die on-
gerepte Oranjerivier, wat volop
geleenthede bied.
Behalwe puik jaggeleenthede, bied Slypsteen Safari’s ‘n ware avontuur aan. Kom stap en verken verskeie rotstekeninge of bring jou bergfiets vir ‘n uitdagende roete. En ‘n ervaring om
nooit te vergeet nie, kom roei op die asemrowende Oranjerivier.
Slypsteen is sowaar ‘n plek van ontspan vir die avontuurlustige familie.