Plaaslike biltong jagters pryslys

Ons reëls en voorwaarders is onder aan blad.

*** Trofeejag beskikbaar op navraag aan jagondernemers en beroepsjagters.

 

TARIEWE

Jagter R500.00 per persoon per nag
Nie jagter R300.00 per persoon per nag
Kinders onder 8 jaar Gratis
Voertuig R1000.00 p/dag p/groep

 

 

 

Wild - Trofee

SPESIE VROULIK MANLIK TROFEE TROFEE DEFINISIE
Springbok R1,200.00 R1,500.00 R2,500
R3,500
>13"
>14"
 
Swart Springbok R3,500.00 R3,000.00 R4,500 >13"
 
Koper Springbok R4,500.00 R4,000.00 R4,500 >13"
 
Rooibok N.V.T. R3,000.00 R3,500
R5,000
>23"
>25"
 
Blesbok R2,500.00 R2,200.00 N.V.T. N.V.T.
 
Wit Blesbok R3,500.00 R3,000.00 N.V.T. N.V.T.
 
Geel Blesbok R4,000.00 R3,500.00 N.V.T. N.V.T.
 
Rooihartebees R7,500.00 R7,500.00 R12,000.00 >23"
 
Blouwildebees R7,000.00 R6,500.00 N.V.T. N.V.T.
 
Koedoe R7,000.00 R7,000.00 R9,000
R15,000
>45" - 49"
>49"
 
Gemsbok R8,000.00 R7,000.00 R10,000 >40"
 
Vlakvark R1,000.00 R1,000.00 N.V.T. N.V.T.
 
Volstruis R1,500.00 R1,500.00 N.V.T. N.V.T.
 
Zebra R6,500.00 R6,500.00 N.V.T. N.V.T.

 

Binnegoed van wild word gratis verwyder en om die vel af te slag dra die volgende koste:

Klein wild R100 p/vel
Groot wild R200 p/vel
Trofee afslag (monteer) R350 p/cape

 

Ander Aktiwiteite

  • Swem
  • Wildbesigtigings ritte
  • Hengel (vang & vrylaat)

Let asseblief op die volgende terme:

  1. Minimum & Maksimum van vier (4) jagters op voertuig asook 3 dae met 4 nagte OF 4 dae met 5 nagte verblyf.
  2. Slegs jagte met knaldempers sal toegelaat word.
  3. Geen jag op Saterdae nie.
  4. BTW is uitgesluit.
  5. Pryse en beskikbaarheid van wild en geriewe kan aangepas word sonder kennisgewing indien die volle deposito nog nie betaal is nie.
  6. Jagters is verantwoordelik vir die uitneem van jaglisensie en/of hengellisensie.
  7. 'n Verblyfsdeposito van R1720.00 per jagter (minimum van vier) is betaalbaar met bespreking.
  8. Geen verblyfsdeposito is terugbetaalbaar nie.

Navrae en besprekings vir jagte

Pieter van Wyk
082 377 8990
pieter@slypsteensafaris.co.za

Reëls en voorwaardes

  1. Ons is broodwinners en vaders van kinders en gesinne, daarom sal GEEN sterk drank geneem word tydens die begeleiding van ʼn jagtog nie.
  2. Daar kan gekuier word om die kampvuur waar matigheid voor oë gehou moet word.
  3. GEEN uitermatige groot vure mag in die Jagkamp gemaak word nie.
  4. GEEN jaggewere of enige vuurwapens mag in die kuier area of Jagkamp hanteer of aan gepeuter word nie (Geweerkluis is beskikbaar)
  5. Jaggewere moet tydens die begeleiding van die jagtog sigbaar met ʼn oop slot veilig hanteer word.
  6. Slypsteen Safari’s streef na ʼn beginsel kode van RESPEK.
    • RESPEK teenoor die fauna en flora op die eiendom, omgewing en die Skepping.
    • RESPEK teenoor toerusting, kombuis en verblyf geriewe.
    • RESPEK teenoor mekaar en mekaar se veiligheid.
  7. Die grondeienaar en die bestuur van Slypsteen Safari’s GLO aan ʼn beleid van volhoubare benutting van ons natuurlike hulpbronne en daarom sal:
    • GEEN wild wat in ons aanwas program gebruik word mag gejag word nie.
    • SLEGS wild wat deur die beroepsjagter of aangewese gids aangewys word, mag gejag word.
    • GEEN trofee wild mag gejag word tydens ʼn biltong / vleis jag bespreking nie. ʼn Heffing van drie maal of meer (afhangende van die spesie) sal gehef word teen die biltong / vleis jag tariewe indien trofee wild gejag word sonder die toestemming van die beroepsjagter of grondeienaar.
  8. Indien reëls oortree word wat kan lei tot ʼn noodlottige besering of ander se lewens in gevaar kan stel sal die jag summier beëindig word sonder terugbetaling van enige betaling en uitstaande skade of betalings sal nog steeds verskuldig wees.
  9. Gekweste wild wat nie opgespoor word nie sal ten volle betaal word.
  10. Gekweste wild stel nie noodwendig bloed vry op die spoor nie, dus word die afwesigheid van bloed nie aanvaar as ʼn misskoot nie (byvoorbeeld hoë nek en pens wonde of spier wonde).
  11. Reëls en voorwaardes kan te enige tyd aangepas of aangebring word sonder kennisgewing.